Algemene vrae & antwoorde
- Waar begin en eindig elke kwartaal?
Elke kwartaal begin en eindig op Stellenbosch. Ons beweeg van Stellenbosch af verder soos die program vereis. - Kan ek my eie motor saambring?
Alle vervoer binne kursusverband word voorsien.
Eerste kwartaal: Privaatmotors mag nie in die eerste twee weke gebruik word nie. Alhoewel beperkte oop parkeerplekke beskikbaar is, is dit geheel op eie risiko.
Tweede en derde kwartaal: Op Stellenbosch sal eie vervoer oor naweke gerieflik, maar gladnie noodsaaklik, wees.
Vierde kwartaal: Vanweë die aard van die program is die gebruik van privaatmotors onprakties. - Is studente voltyds besig, of is daar aftyd?
Vryetyd
Die daaglikse iALA program duur normaalweg vanaf 06:30 tot 17:00. Daar sal tydens sekere modules uitsonderings wees. Na verdaging om 17:00 volg aandete en vryetyd.
Die eerste twee weke mag studente nie saans uitgaan nie.
Daarna kan beweging tydens vryetyd op eie risiko, maar met toestemming van die leiers, geskied.
Naweke
Meeste naweke sal vry wees. Op Hermanus word daar oor naweke tyd op see deurgebring om aan die Skipperslisensievereistes te voldoen.
iALA voorsien verblyf, etes en toesig vir alle studente wat naweke in bly.
Vakansies
Die drie vakansietye is soos op die program aangedui.
Uitsonderings
Met vooraf reëling kan tyd vir privaatafsprake, familie- en ander byeenkomste, ens gereël word. - Mag studente besoekers ontvang?
Ouers en vriende kan studente met vooraf reëling besoek.
Daar sal ook spesiale uitnodigingsgeleenthede gedurende die loop van die jaar vir ouers en vriende gereël word. - Kan die program gewysig word?
Alhoewel daar te alle tye gestreef word om die program soos aangedui, aan te bied, behou iALA die reg voor om programwysigings aan te bring indien nodig. - Waar begin en eindig elke kwartaal?
Elke kwartaal begin en eindig op Stellenbosch. Ons beweeg van Stellenbosch af met iALA vervoer soos die program vereis. - Vervoer na en vanaf lughawens
Daar is 'n gereelde "shuttle" vervoerdiens vanaf die lughawe na Stellenbosch en terug. Kontak Backpacker Bus direk by www.backpackerbus.co.za/airport-shuttles.
Indien studente egter minstens twee dae voor die tyd reëlings tref, kan iALA vervoer van en na die lughawe reël teen 'n fooi. - Verblyf buite kursustyd
Indien studente voor die kursustyd in Stellenbosch arriveer of na die kwartaal later wil aanbly, kan hulle die volgende kontak:
iKaya Stellenbosch Backpackers
Twin Oaks
Birdstraat 56
Stellenbosch
021 883 8550
www.stellenboschbackpackers.co.za
Banghoek Place
Banghoekstraat 193
Stellenbosch
021 887 0048
www.banghoek.co.za - Mediese fondse
iALA vereis dat alle studente aan 'n mediese fonds behoort wat ten minste hospitaalkoste, noodbehandeling en noodontruiming dek. Indien 'n voornemende student nog nie aan so 'n fonds behoort nie, kan hy vir Marius Truter by Trulogic Financial Services (Pty) Ltd kontak. Marius is 'n onafhanklike mediesefonds makelaar. Hy ken die iALA kursus, weet wat van 'n mediese fonds vereis word en kan julle oor die verskillende opsies inlig. Kontak Marius by 083 447 0906 of marius@trulogic.co.za. - Dag tot dag medikasie
Ooreenkomstig wetgewing mag iALA geen medikasie van enige aard aan studente voorsien nie. Studente moet self voorsorg tref vir algemene medisynes soos verkoue, griep, sinus en maagpyn. - Mediese noodgevalle
Alle personeellede is voorbereid om noodhulpbehandeling te kan toepas.
By elke standplaas word vooraf reëlings met plaaslike dokters getref om op kort kennisgewing en veral in noodgevalle beskikbaar te wees.
Waar van toepassing moet studente sorg dat alle persoonlike voorskrifmedisyne byderhand is.
Studente is self vir alle mediese-uitgawes verantwoordelik.
Verantwoordelike voorsorg vir redelike veiligheid van alle studente is die hoogste prioriteit. - Mag ek my selfoon en ander elektroniese apparaat saambring en gebruik?
Oordrewe gebruik en afhanklikheid van elektroniese apparaat word ontmoedig.
Selfone kan saamgebring word, maar moet tydens kursustyd afgeskakel wees.
iPods, skootrekenaars en ander elektroniese toerusting kan tydens vryetyd gebruik word. - Hoe streng word opgetree indien daar oortreding van die reëls sou voorkom?
Daar word te alle tye oordeelkundig en na gelang van elke geval, op optrede besluit.
Alle besluite word tot opbou en voordeel van die betrokke student geneem, maar sonder die benadeling van die regte van die ander studente. - Wat is die reëls rakende drank, dwelms, rook en ander negatiewe aktiwiteite?
Tydens die duur van die program, is die gebruik van enige alkohol sonder toestemming en teenwoordigheid van personeel, verbode. Alkohol vergrype sal sterk dissiplinere aksie tot gevolg he.
Studente mag nie hul eie voorraad van enige alkoholiese drank aanhou nie.
Sterkdrank word geensins toegelaat nie.
Dwelmgebruik is te alle tye onaanvaarbaar en studente wat nie by hierdie reël hou nie, se deelname aan die kursus sal opgeskort word.
Rook word sterk ontmoedig en word slegs na ure, buitenshuis en weg van ander studente toegelaat, dws geen rook toegelaat tussen 8:00 tot 17:00. - Mag ek musiekinstrumente saambring?
Die saambring van musiekinstrumente word sterk aangemoedig, daar is gereeld geleentheid vir musiekmaak en saamkuier. - Verhoudings tussen studente
Weens potensiële ongemaklikhede, word verhoudings tussen studente tydens die loop van die jaar verbied.