November 2011Die vierde kwartaal en iALA 2011 is geskiedenis. Dit was ‘n baie bedrywige kwartaal en jaar, vandaar die groot tydsverloop tussen nuusbriewe.
Die hele vierde kwartaal met Skipperskursus en kajakroei op Langebaan, oorlewing, absail, swem, werk, en die Tour de Gifberg, die vasbyt en oorlewing langs die wilde Weskus en die Huistoegaan Fietstoer was hoogtepunte. Met net een aand se uitsondering op Ceres in die Dennebos, was elke aand se slaap of in ‘n tent, op die seestrand, in selfgeboude oorlewingskuilings, in grotte, op ‘n bergrstroomstrandjie, onder die sterre of onder die bome. Langebaan Op Langebaan was die weer mooi, Ignaz het gehelp met nog ‘n rubberduck en almal het ‘n beurt gekry om skippersure op die water op te maak. ‘n Paar het selfs die kans gebruik om ‘n paar vissies te vang. Geen seesiek, geen waterknieë, almal oorboord is weer gered en die info oor die diepseeseilkursus was ook vir ‘n paar van groot waarde. Matsikama Hierna is ons na die Matsikama vir oorlewing en avonture op Sewefontein op die Gifberg. Almal stem saam dat die staptog, die klowe , kranse, bome en strome ‘n belewenis was – kyk op Facebook vir die fotos. Hier het ons die amateurradiokursus gedoen, geabseil, bergfietsgery, skeure deurgeklim, klowe verken en natuurlik die Tour de Gifberg fietsgery. Die Gifbergwaterval is van die mooistes en die swem in die groot helderwaterpoel onder die val kannie gou vergeet word nie. Weskus Oorlewing en “survivor” het in meeste se raamwerk, nuwe betekenis gerkry. Groot was die ontnugtering die eerste aand toe die groepe agterkom hulle het geen kos by hulle nie. Mossels, klipkouse en klipvissies het nog nooit so lekker gesmaak nie. Met die uitdagings van vuurmaak sonder vuurhoutjies, reddingspogings oor die rotse, skuilingbou, water versamel en net oorleef in die elemente het dit nuwe waardering vir mamma se kos, lakens op die bed, ‘n soliede dak oor die kop en pappa se versorging en beskerming gebring. Onvergeetlik is die geleentheid toe die ongemerkte blikkieskos wat later bygekom het, ook ‘n blik hondekos ingesluit het – of wat sê ons nou alles??!! | 400km fietstoer Die Huistoegaan Fietstoer van Nieuwoudtville tot by Franshoek was ‘n goeie afsluitring vir die jaar. Almal gaan sekerlik weer een of ander tyd die roete herbesoek. Plekke soos Wupperthal, Eselsbank, Sederberg Back Packers, Doornrivier en die Dennebos op Ceres het alles werklikhede geword. Afsluiting Met Strengthfinder, DISC, MB, die loopbaanvoorligting en vele meer intellektuele en akademiese blootstelling agter die rug, ken elkeen hulself nou baie beter. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om te hoor die mense hulle beplanning vir die pad vorentoe uitsorteer het. Die afsluiting op Wemmershoek was lekker met die talle ouers en besoekers wat die geleentheid meegemaak het. Benewens die sertifikate van die voltooiing van die iALA jaar, die iALA familie, die Skipperslisensie, die Strengthfinder uitkomste en die Vasbyttoekennings is Louis Oosthuisen as die Leier van die Jaar, Ignaz Marks met die Diensbaarheidstoekenning en Ivan van der Merwe met die Integriteitstoekenning bekroon. Melanie Vermeulen het die Vasbyter van die jaar en Nicholas Mostert die Beste Karakterontwikkeling ontvang. Aan die einde van die jaar was almal wenners en verdien spesiale vermelding. Met groot dankbaarheid, erkenning en nederigheid teenoor ons Hemelse Vader vir Sy beskerming, Guns en versorging wens ons almal ‘n baie geseënde Christusfeestyd toe en ‘n wonderlike herhinneringe en ‘n belowende, uitdagende en vervullende toekoms toe. DANKIE VIR ‘N BAIE LEKKER JAAR EN NET DIE BESTE WENSE VIR DIE TOEKOMS – HOU KONTAK MET ONS!! Ns. Inskrywings vir 2012 is amper vol, indien iemand belangstel, moenie wag nie, die plekke is beperk. Kliek hier vir vierdekwartaal fotos
|