Februarie 2011 (2 van 2)
See, Strand en Strome
Vir meeste is die SSS kursus ‘n eerste. Om met ‘n stroom diep see-in gevoer te word
en dan weer strandtoe gebring word, om met ‘n
deining saam op die rotste neergesit te word, is ‘n belewenis. Die bietjie bloed wat hier en daar op die
rotse gelaat word, word gou vergeet danksy die goeie werk van dr S
Piritus. Die hoogte is stelselmatig van
die ou hawe, Tamatiebankie tot by Ladies Bench opgebou, totdat ‘n hele klomp
die hoogtepunt by Dreunkrans beleef het.
Dit is baie bevredigend om die oorwinning in die oë en die krete/gille
wanneer elkeen hul eie hoogte oorwin, te sien. Hierdie kursus bring baie meer selfvertroue
en respek vir die see vir almal.
van Mossels na iALAs...
Al die groen Mossel-individue wat 31/1 begin het, iihet as
volwaardige iALAs, die gemeenskaplike waardes en simbole aanvaar en hulle vir
die res van hierdie jaar tot die “iALA familie” verbind. Hierdie familie groei elke jaar met ‘n
gemeenskaplikheid wat mense deur waardes, ervaring, lojaliteit en trots,
vrywilliglik aanmekaar bind.
Inskrywings 2012
Aansoeke is nou oop vir 2012. Kontak ons vir meer besonderhede by info@iala.co.za
| Wat lê nog voor...
Met die inlywing en groepsvorming goed gevestig, wag daar
nog groot dinge vir die res van hierdie kwartaal.
Weer eens kyk ons terug op ‘n jaarafskop waar die genade, seën en beskerming van Bo ons gedra het. |