Februarie 2011 (1 van 2)
Studente en personeel
iALA 2011 het op 31 Januarie met ‘n groot gejuig met 24
manne en 4 vroue afgeskop. Elk van
Alfa, Bravo, Charlie en Delta het nou ‘n vroulike lid wat verseker dat daar
gesonde balans is en dat daar iemand is wat verseker dat ‘n hoë standaard
gehandhaaf word. Daar is weer
internasionale verteenwoordiging, die keer uit Dubai, wat saam met ‘n paar
ander help dat almal se Engels ook goed geoefen bly. Die gesonde spangees waarmee die eerste twee
weke ingelui is, dui op ‘n goeie tyd wat voorlê.
Die personeel het ook almal met groot ywer en entoesiasme ingeval. Andre word steeds deur adrinalien van sy 2000+ km fietsrit van Stellenbosch na Durban aangedryf, Izak leer baie vinnig hoe dinge in die see werk, ten spyte van sy Gautengse agtergrond, Adel se kos was van dag een af baie lekker en raak elke dag net beter. Charl se selfvertroue in die water en op die paradegrond is inspirerend en boesem vertroue in en Piet het sy hande vol om te voorkom dat Toffie en Mary (en Miemie!) nie oorneem nie. Gaan na Bladsy 2
| Paradewerk en Langasems
Om te verseker dat daar gesonde dissipline en veiligheid,
veral met die see aktiwiteite is, word daar met die groter groep hard gewerk
aan die paradewerk – en dit werk baie goed!!!
Die week word begin en afgesluit met ‘n vlagparade en ons gemeenskaplike
gebed waaraan almal spontaan meedoen. Daar
is sterk mededinging tussen Alfa, Bravo, Charlie en Delta met al die
aktiwiteite wat help dat die spangees gedy met unieke drafliedere en
krete. Om te verseker dat almal
uiteindelik wenners is, word alles binne spanverband gedoen.
Die fiksheidsprogram is vir sommiges ‘n eerste en gaan nie sonder pyn en lyding nie. Nogtans het veral die wie vir die eerste keer 40 minute onafgeborke gedraf het, voornemens om die eerste half-maraton op 2 April op Kleinmond klaar te maak. Nuwe spiere wat nog nie voorheen gewerk het nie, laat nou van hulle hoor. van Mossels na iALAs
Al die groen Mossel-individue wat 31/1 begin het, het as
volwaardige iALA studente, die gemeenskaplike waardes en simbole aanvaar en hulle vir
die res van hierdie jaar tot die “iALA familie” verbind. Hierdie familie groei elke jaar met ‘n
gemeenskaplikheid wat mense deur waardes, ervaring, lojaliteit en trots,
vrywilliglik aanmekaar bind.
|