April 2011 (2 van 2)
Roei (saam met tien meter haaie!)Nooit, nooit weer nie! Ek draf eerder 30km voordat ek ooit
weer in hierdie leeftyd sal roei! Of altans, dit was die gedagtestroom wat
geheers het tydens die roeitog vanaf Hermanus na wat soos Noord-Amerika gevoel
het!
Maar, soos vele ondervindinge tydens die kwartaal, was dit eerlikwaar eintlik een van die aangenaamste ervarings wat ons tot dusvaar beleef het. As ons nie amper deur haaie omsingel is nie, was daar walvisse wat nadergestaan het om te kom kyk waaroor die bohaai gaan. Deel van die pret was sekere individue se optrede tydens hierdie ‘noue ontkominge’. Ignaz en Louis se benoude oomblik met ‘n “tien meter haai!” (dolfyn eintlik...), en die enkele manne wat wel bo-op die kayaks kon bly, het hierdie beslis `n onvergeetlike hoogtepunt gemaak. (Guy) Cape Outback
Ons eie nie-amptelike Cape
Outback deelnemer
Vir vele was hierdie `n week van bloedsweet en blase, maar alhoewel ek fisies etlike kilometres op my fiets die roete moes ‘sweep’, glo ek vas, ek het die heel lekkerste werk van almal gehad! Nie net het ek saam met die fietsryers gery en hulle beter leer ken nie, ek het ook die geleentheid gehad om hierdie wonderlike roete te kon beleef en soos `n deelnemer te voel! Wat egter die hele ervaring uiters snaaks gemaak het, was die laaste groep met wie ek meeste van die tyd gery het en goed leer ken het - `n oom en tannie van Limpopo. Wanneer ookal ek by `n groot bult of hoofpad uitgekom het, het ek bloot agterop die ‘sweeper’ bakkie geklim, met die gevloek en geskel van die tannie wat agterna dreun. Dit was regtig ‘n voorreg om hierdie nuwe mense te kon ontmoet, saam mee te ry, en voor weg te ry (op `n bakkie)! (Steyn) | Cape Outback`n Rustige middag by die Outback... of nie!
Op die tweede dag van die Outback word ek en Gerco watertafel toe gestuur. `n Heel veilige, eenvoudige werk wat die paar uur se middagslaapie en rus insluit. Of altans, so het ons gedink... Met die gejaag wat in die kamp aangegaan het, is ons letterlik net afgelaai en aan die noodlot oorgelaat. Die tafel was vinnig opgeslaan en reg vir die eerste deelnemers, met een irriterende steekvlieg wat alles oorsien het. Na so tienminute se rus skiet `n verskriklike brandpyn by my been op. Dieselfde gebeur met Gerco. Dit was soos `n swerm bye om `n korf! Daar gaan enige gedagtes aan rus wat ons gehad het. Gerco vind toe `n koffieblik waarin ons vuur maak met die hoop dat die rook die vlieë sal jaag... dit het nie! Na `n hele middag se eksperimentering kan ek nou met sekerheid sê dat, nie Savlon, Deepheat, disinfectant, tabard, muskiet-bande, Echinaforce of fynbosrook `n steekvlieg verdryf nie. Verder verkies hulle bruin, wit en swart voorwerpe, met `n mindere voorkeur vir reflector-onderbaadjies. Die ergste van alles was die fietsryers se spoedige stop en die “good luck!” in die verbygaan, en steeds teenwoordige drome van hoe ek vlieë sit en klap! (Deene Jurgens) Impact Adventures
Impact Adventures leer nuwe
vaardighede aan
Een vaardigheid wat ek nooit gedink het ek ooit sou (hoef) te bemeester nie, was wat om te doen indien `n septiese tenk se pomp oppak en 130 mense staan en knyp… Dit is maar asem ophou, die bevraagtekenbare vloeistowwe ignoreer, en kop eerste. Grillerig, beslis, maar daar is niks wat `n backflip/bellyflop in die rivier nice kan afwas nie! (James) terug na introgaan na April fotos |
