April 2011 (1 Intro)
Eerste kwartaal verbyMet die eerste kwartaal agter die rug, is dit seker
hoogtyd om bestek van alles te neem. Van ons roeikursus wat `n
onverwagse walvis besoek ingesluit het, na die snorkel waar ons allikreukel vir
middagete uitgeduik het.
Ons het vir 'n paar van die studente gevra om hulle ervaring van die aktiwiteite weer te gee eerder as wat ons vir julle vertel. Luister na hulle op die volgende bladsy, en geniet die fotos! Wat het ons hierdie kwartaal gedoen?
Tweede kwartaal Studente sien uit na:
Gaan na Studente ervarings
Gaan na April fotos | Paradewerk
Paradewerk sorg deurgaans vir goeie
dissipline, noodsaaklik in die see. Die
weeklikse vlagparade het ons
gemeenskaplike gebed deel van die mondering gemaak.
iALA GEBED Almagtige Vader in die hemel Ons aanbid U, ons verheerlik U In die Naam van U Seun Jesus Christus Ons prys U deur U Heilige Gees Ons dank U vir die grootheid van U Skepping Dat ons dit mag bewoon, bewonder en geniet Die aarde, die son, die maan en die sterre Die see, die berge en die vlaktes Dat ons dit sal respekteer en sal bewaar Ons bewonder U vir die lewe wat U geskep het Vir mense, diere, visse, voëls en alle ander spesies Vir bome, blomme, plante en struike Dat ons U grootheid daarin sal sien Ons is dankbaar dat U ons seën met gesondheid, lewenslus en lewensvreugde Ons bid vir U beskerming oor ons en ons geliefdes Dat ons U altyd sal loof deur in nederigheid en opregtheid Ons medemens te dien en sal weet dat ons almal in die palm van U hand lewe en dat ons niks van al die seëninge waarmee U ons elke dag seën verdien nie. Almagtig Vader ons bid dat U ons Sal lei om U te ken, Deur U Seun Jesus Christus en Deur die werking van U Heilige Gees O Heer, ons bely ons talryke sondes En die baie kere waar ons U terleurstel. Ons vra nederig dat U ons dit asseblief sal vergewe. Ons bid dit alles in die Naam van U Seun Jesus Christus Amen. |
