Skakels |
iALA brugjaar programDie iALA brugjaar program ("iALA GAP YEAR PROGRAMME") is 'n jaarprogram waartydens jongmense die geleentheid kry om selfvertroue, selfstandigheid, en leierskap binne groepsverband te ontwikkel. Avontuur word as voertuig gebruik om gesonde lewenswaardes en -vaardighede te kweek.
Benewens die leierskap en avontuurkomponente is daar 'n gesonde balans van akademiese blootstelling, fiksheid, kommunikasievaardighede, loopbaanvoorligting en -blootstelling. Persoonlike karakterontwikkeling en gesonde waardes word deurgaans gekweek. Gesonde dissipline, verantwoordelike toesig en veiligheid van studente is nie onderhandelbaar nie. Persoonlike grense, waagmoed en deursettingsvermoee word maksimaal getoets en studente leer gou dat hulle tot baie meer in staat is. Die kursus word vanaf Stellenbosch aangebied met toere en oorblybesoeke onder meer na Hermanus, die tuinroete, Gifberge, Weskus, Kalahari, Karoo en Oos-Kaap, om maar 'n paar te noem. Lees verder op die webtuiste vir meer besonderhede, of laai die inligtingsdokument af! Inskrywings 2013Ons het reeds talle navrae vir 2013 ontvang. Laai die inligting en koste dokument links onder op hierdie bladsy af en teken ook in op die nuusbrieflys. Aansoekvorms is direk vanaf Charl beskikbaar by charl@iala.co.za. 'n Leeftyd se Avontuur in een Jaar!!!
|